Home

42 found. Viewing page 1 of 14. Default Title
Prev
Next
42 found. Viewing page 1 of 14. Default Title
Prev
Next

Krokodil Rivier Eiendomme word bedryf deur Jan en Elmarie du Plessis vanaf die plaas Nooitgedacht tussen Makoppa en Rooibokkraal in die Thabazimbi distrik, waar Jan woonagtig is sedert 1975, toe die grondpaaie nog beter was as die teerpaaie en toe wildsplase nog beesplase was en Buffels vrylik beweeg het vanaf Botswana.

Die laaste  bek-en-klou Buffel is juis gejag op Nooitgedacht gedurende Oktober 1978.

Ons ken hierdie gebied by uitstek en kan enige voornemende koper van waardevolle raad voorsien van beide positiewe en negatiewe punte van alle plase.

Ons rekord spreek vanself deur n wye spektrum van kopers en verkopers oor die afgelope jare en ons doen alles in ons vermoe deur beide die koper en verkoper se belange op die hart te dra.

Ons het n nuwe konsep tot ons besigheid gevoeg vir beide die koper en verkoper van eksotiese wild.

Enige boer wat eksotiese wild het om te verkoop kan dit gratis op ons webtuiste adverteer.

Ons doelwit is om die koper en verkoper aanmekaar voortestel,en indien daar n suksesvolle transaksie plaasvind sal daar n 2% kommissiefooi betaalbaar wees.

Enige voornemende verkoper van sy eiendom, plaas, woonhuis of plot kan op ons webtuiste ingaan en ons onder die nodige manier kontak per telefoon of email.

Ons werk is ons trots en vriendelike en vinnige diens word gewaarborg.

Dit wat ons nie het nie sal ons kry!

 

Ondersteunende dienste soos finansiering, onderverdeling, registrasies, grondeise ondersoeke het ons die nodige kundiges wat jou sal by staan. Alle transaksies van A-Z word vir jou gedoen.

Gebruik ons gerus.

Vriendelike groete.

Jan en Elmarie du Plessis

Comments are closed.